WAAR DEERNIS EN GEMEENSKAP ONTMOET, EN ELKE VROU
GESIEN, WAARDEER EN MET LIEFDE OMARM WORD.

Afri Vroue Fonds

Welkom by Afri Vroue Fonds

Inleiding

Afri Vroue Fonds is ’n nie-winsgewende besigheid (NPC) wat met liefde en deernis bejaarde Afrikaanse vroue in Suid-Afrika ondersteun, vroue wat in stilte ly en in armoede vergete word. Ons bied hulle ’n veilige hawe, waardigheid, gemeenskap en nuwe hoop. Saam kan ons die kringloop van verwaarlosing breek.

Ons Missie

Om GRATIS landswye oggendtee-funksies aan senior dames aan te bied, met geestelik inspirerende sprekers, smaakvolle musiek, geskenke, pryse en opbouende vermaak; asook ondersteuning aan SASSA pensioenarise-dames, d.m.v inkopie geskenkbewys, ten einde hul ontoereikende SASSA pensioen aan te vul. Ons is toegewyd daaraan om senior dames te eer en te bederf d.m.v hierdie landswye funksies, ten einde hul onskatbare bydraes aan hul gesinne en aan die samelewing te erken, en hul welstand en geluk te bevorder.

Ons Visie

Afri-Vroue Fonds se visie is, om die skoonheid, wysheid, broosheid en krag van senior dames te eer en te vier, sodat hulle gewaardeer, gekoester, en raakgesien sal voel; en sal weet dat hulle nie alleen is nie.

Ons wil graag betekenisvolle ervarings skep wat vreugde, samesyn, geskenke en `n gevoel van waarde na die lewens van senior dames sal bring.

Wie is Ons

Agtergrond

Gestig in 2020 deur Elizabeth Bouwer, het Afri Vroue Fonds ontstaan uit die verwoestende uitwerking van die COVID-19-pandemie. Bejaarde Afrikaanssprekende vroue was die hardste getref – alleen, emosioneel gestrem en finansieel kwesbaar. Baie leef op SASSA-toelaes terwyl hul kinders emigreer.

🎗️ “Ons werk is nie net liefdadigheid nie – dit is geregtigheid en menswaardigheid.”

Die Krisis

`n Werklikheid

Hierdie vroue is onsigbaar in hoofstroom hulpstrukture. Hulle is ontneem van onderwys, sonder pensioen of vaardighede, en sonder ondersteuning. Hul lyding is werklik, versteek agter stilte en skaamte.

📉 “Ek oorleef op ’n klein toelaag. Ek voel agtergelaat.” Inwoner

Ons Projekte

Ons Werk

Slide 1
Huis Elizabeth

Hierdie vroue is onsigbaar in hoofstroom hulpstrukture. Hulle is ontneem van onderwys, sonder pensioen of vaardighede, en sonder ondersteuning. Hul lyding is werklik – versteek agter stilte en skaamte.

previous arrowprevious arrow
next arrownext arrow

Wat Ons Beplan

Hoe jy kan help

🎯 Bou 10 nuwe huise teen 2026
📦 Maandelikse teepartytjies landswyd
🧴 Kosbewyse en bederfpakkies aan vroue in nood
🤝 Bydra tot ’n duursame, menswaardige oudag

Ons Direkteure

Ons leiding

Mev. Susan Kellerman

“Waar Susan is, is daar warmte.”

Susan bring nie net jare se ervaring nie, maar ook ’n diep menslikheid na elke vrou wat ons dien. Sy luister met ’n sagte hart, ondersteun met wysheid en sien die mens agter elke storie. Haar teenwoordigheid bring rus, liefde en ’n gevoel van behoort, soos ’n moederhart in ons werk.

Mnr. Daan Beukes

’n Regterhand wat beskerm.”

Daan is die beskermer agter die skerms, ’n regte man van integriteit. Hy verseker dat elke besluit regverdig en reguit is, en dat elke vrou se regte veilig is. Sy kalm, wyse teenwoordigheid gee ons ’n stewige fondament. Met hom weet ons: die reg is aan hul kant.

Dr. Willem Minnaar

“’n Hart vir vooruitgang.”

Dr. Willem dink diep en droom groot. Hy help die Fonds om met visie te groei, sodat ons nog meer vroue kan bereik. Sy passie vir mense en sy geloof in 'n beter toekoms maak hom ’n lig op die pad vorentoe. Waar hy praat, plant hy hoop.

Mev. Elizabeth Bouwer

“Sy is die hartklop van hoop.”

Elizabeth is die hart en siel van Afri Vroue Fonds. Haar liefde vir ons oumas het nie net hierdie organisasie tot stand gebring nie, maar ook elke droom moontlik gemaak. Huis Elizabeth is na haar vernoem, ’n blywende simbool van haar sorg, haar geloof in mense, en haar onwrikbare hoop. Sy lei met sagtheid, maar dryf groot verandering.

Hoe Jy Ons Kan Help

Ondersteun ons

Elke teepartytjie kos tussen R200 en R300 per vrou om maaltye, koopbewyse en geskenke te verskaf.

Jou klein bydrae is dalk net ‘n nommer in jou begroting, maar vir hulle is dit ‘n reddingsboei.

Eenmalige Skenking

Maandelikse Skenking

EFT Skenking

Bank: First National Bank
Rekeningnommer: 63013132286
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Takkode: 230145

Maak `n Verskil

Voordele vir donateurs

  • Gratis begrafnisdekking ter waarde van R2000.00 onderskryf deur African Unity Life).
  • Gratis testament.
  • Gratis kwotasie vir korttermynversekering (Santam).
  • Die Donateur mag aansoek doen vir bykomende begrafnisdekking ter waarde van R10 000.00 of R20 000.00.

 

U geniet gratis R2000 begrafnisdekking vir uself indien u minstens R1200 per jaar sou skenk, of ‘n eenmalige bedrag van R2000.00. U mag ‘n begunstigde aanwys of u mag die R2000.00 nalaat aan die fonds. Dit is u keuse.

Ons Borge

Word deel van ons familie

Kontak Ons

Ondersteun ons

824 Swemmer St, Rietfontein, Pretoria, 0084

+27 12 753 5774

+27 72 576 0571

SMS “AfriVroueFonds” to 49983 dan sal ons u terug skakel

inligting@afrivrouefonds.co.za

Maandag – Vrydag: 8:00 VM – 5:00 NM

Wil u meer weet? Kontak ons gerus!