Wie Help Ons?
Ons rig ons op jong, Afrikaanse vroue wat:

Uit ekonomies benadeelde huishoudings kom,

Dikwels uitgesluit word van formele steunstrukture,

Wil leer, werk en ’n beter lewe bou, maar nie die finansiële hulpbronne het nie.
Hierdie meisies val gereeld tussen die krake. Terwyl die meeste beurse op histories benadeelde groepe fokus, word wit, werkersklas meisies dikwels oorgesien. Hulle is nie bevoorreg nie, hulle is bloot onsigbaar.
Wat Bied Die Studiehulp?
Ons bied aan 10 studente stuidiehulp per jaar, elk ter waarde van R20,000, aan geskikte kandidate om by geakkrediteerde instellings te studeer.
Hierdie opleiding stel jong vroue in staat om selfonderhoudend te word, hul gesinne te ondersteun, en hul gemeenskappe te versterk.
Hoe Jy Kan Help

Borg ’n Beurs
R20,000 kan ’n lewe verander.

Ondersteun ons fonds
Help ons om meer beurse te bied.

Deel ons boodskap
Sodat die wat dit nodig het, kan aansoek doen.
“Plant ’n Saad, en Kyk Hoe Groei Sy.”
Met jou ondersteuning kan ons nie net drome laat uitkom nie, ons kan ’n hele geslag herbou. Hierdie is nie net beurse nie, dit is briewe van hoop aan ’n toekoms wat wag.
🌸 Saam kan ons help bou aan ’n Suid-Afrika waar elke dogter ’n kans kry.
Doen aansoek vir Studiehulp
Voltooi asseblief die onderstaande vorm.