Tuis  |  Wie Is Ons Gebeure  |  Galery  |  Direkteure  |  Tydskrif  |  Kontak Ons

Afri Vroue Fonds

ONS SORG, HULLE VREUGDE
VERANDER LEWENS – EEN GESKENK KAN ALLES DOEN

Welkom by Afri Vroue Fonds

Inleiding

Afri Vroue Fonds is ’n nie-winsgewende besigheid (NPC) wat met liefde en deernis bejaarde Afrikaanse vroue in Suid-Afrika ondersteun, vroue wat in stilte ly en in armoede vergete word. Ons bied hulle ’n veilige hawe, waardigheid, gemeenskap en nuwe hoop. Saam kan ons die kringloop van verwaarlosing breek.

Ons Missie

Om GRATIS landswye oggendtee-funksies aan senior dames aan te bied, met geestelik inspirerende sprekers, smaakvolle musiek, geskenke, pryse en opbouende vermaak; asook ondersteuning aan SASSA pensioenarise-dames, d.m.v inkopie geskenkbewys, ten einde hul ontoereikende SASSA pensioen aan te vul. Ons is toegewyd daaraan om senior dames te eer en te bederf d.m.v hierdie landswye funksies, ten einde hul onskatbare bydraes aan hul gesinne en aan die samelewing te erken, en hul welstand en geluk te bevorder.

Ons Visie

Afri-Vroue Fonds se visie is, om die skoonheid, wysheid, broosheid en krag van senior dames te eer en te vier, sodat hulle gewaardeer, gekoester, en raakgesien sal voel; en sal weet dat hulle nie alleen is nie.

Ons wil graag betekenisvolle ervarings skep wat vreugde, samesyn, geskenke en `n gevoel van waarde na die lewens van senior dames sal bring.

Wie is Ons

Agtergrond

Gestig in 2020 deur Elizabeth Bouwer, het Afri Vroue Fonds ontstaan uit die verwoestende uitwerking van die COVID-19-pandemie. Bejaarde Afrikaanssprekende vroue was die hardste getref – alleen, emosioneel gestrem en finansieel kwesbaar. Baie leef op SASSA-toelaes terwyl hul kinders emigreer.

🎗️ “Ons werk is nie net liefdadigheid nie – dit is geregtigheid en menswaardigheid.”

Die Krisis

`n Werklikheid

Hierdie vroue is onsigbaar in hoofstroom hulpstrukture. Hulle is ontneem van onderwys, sonder pensioen of vaardighede, en sonder ondersteuning. Hul lyding is werklik, versteek agter stilte en skaamte.

These women are invisible in mainstream aid systems. Denied education in their youth and left behind in old age, they survive without pensions, skills, or support. Their suffering is real, hidden behind silence and shame.

📉 “Ek oorleef op ’n klein toelaag. Ek voel agtergelaat.” Inwoner

Ons Projekte

Ons Werk

Slide 1
Huis Elizabeth

Hierdie vroue is onsigbaar in hoofstroom hulpstrukture. Hulle is ontneem van onderwys, sonder pensioen of vaardighede, en sonder ondersteuning. Hul lyding is werklik – versteek agter stilte en skaamte.

Slide 2
Maandelikse Teepartytjies

Ons hou inspirerende byeenkomste regoor die land waar bejaarde vroue kosbewyse en bederfpakkies ontvang, klein geskenke wat waardigheid herstel.

Slide 3
Studiehulp

Ons gee jaarliks tien beurse (R20,000 elk) aan jong Afrikaanse vroue in tegniese opleiding. Hierdie beurse help om generasionele armoede te breek en gesinne te bemagtig.

Slide 4
Ware Stories

“Twee swartsakke was al wat sy gehad het...”
’n Ouma op die sypaadjie. Koue. Alleen. Haar hond as enigste troos. Ons het haar huis toe geneem. Sy is nou veilig.

previous arrowprevious arrow
next arrownext arrow

Wat Ons Beplan

Hoe jy kan help

🎯 Bou 10 nuwe huise teen 2026
📦 Maandelikse teepartytjies landswyd
🧴 Kosbewyse en bederfpakkies aan vroue in nood
🤝 Bydra tot ’n duursame, menswaardige oudag

Ons Direkteure

Ons leiding

Mev. Susan Kellerman

“Waar Susan is, is daar warmte.”

Susan bring nie net jare se ervaring nie, maar ook ’n diep menslikheid na elke vrou wat ons dien. Sy luister met ’n sagte hart, ondersteun met wysheid en sien die mens agter elke storie. Haar teenwoordigheid bring rus, liefde en ’n gevoel van behoort, soos ’n moederhart in ons werk.

Mnr. Daan Beukes

’n Regterhand wat beskerm.”

Daan is die beskermer agter die skerms, ’n regte man van integriteit. Hy verseker dat elke besluit regverdig en reguit is, en dat elke vrou se regte veilig is. Sy kalm, wyse teenwoordigheid gee ons ’n stewige fondament. Met hom weet ons: die reg is aan hul kant.

Dr. Willem Minnaar

“’n Hart vir vooruitgang.”

Dr. Willem dink diep en droom groot. Hy help die Fonds om met visie te groei, sodat ons nog meer vroue kan bereik. Sy passie vir mense en sy geloof in 'n beter toekoms maak hom ’n lig op die pad vorentoe. Waar hy praat, plant hy hoop.

Mev. Elizabeth Bouwer

“Sy is die hartklop van hoop.”

Elizabeth is die hart en siel van Afri Vroue Fonds. Haar liefde vir ons oumas het nie net hierdie organisasie tot stand gebring nie, maar ook elke droom moontlik gemaak. Huis Elizabeth is na haar vernoem, ’n blywende simbool van haar sorg, haar geloof in mense, en haar onwrikbare hoop. Sy lei met sagtheid, maar dryf groot verandering.

Hoe Jy Ons Kan Help

Ondersteun ons

Jou donasie is ‘n belofte wat gehou word, dat geen ouma ooit vergeet sal word nie. Ondersteun ons finansieel, word ‘n vennoot, of help ons boodskap versprei.

Adverteer jou Besigheid, Produkte en Dienste – Gratis, dra by tot die “goodie bags”/ geskenkpakkies wat ons met elke funksie aan dames uitdeel om te geniet: ‘n klein sjokolade, sneesdoekies, ‘n Bybel boekmerk, handeroom, sjampoo, lipstiffies, ‘n sepie ens. en geniet blootstelling vir jou eie besigheid daardeur. Kontak ons in die verband by administrasie1@afrivrouefonds.co.za / 0673154617

Senior dames, ‘n skatkis van ondervinding: vreugde, pyn en wysheid deur selflose opoffering. Hulle het deur die lewe gereis, verskeie rolle vervul, dikwels hul eie drome opgeoffer vir die welstand van ander. By Afri-Vroue Fonds erken en vier ons die onskatbare waarde en bydraes van senior dames tot ons gesinne en die samelewing.

Eenmalige Skenking

Maandelikse Skenking

EFT Skenking

Bank: First National Bank
Rekeningnommer: 63013132286
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Takkode: 230145

Maak `n Verskil

Voordele vir donateurs

  • Gratis begrafnisdekking ter waarde van R2000.00 onderskryf deur African Unity Life).
  • Gratis testament.
  • Gratis kwotasie vir korttermynversekering (Santam).
  • Die Donateur mag aansoek doen vir bykomende begrafnisdekking ter waarde van R10 000.00 of R20 000.00.

 

U geniet gratis R2000 begrafnisdekking vir uself indien u minstens R1200 per jaar sou skenk, of ‘n eenmalige bedrag van R2000.00. U mag ‘n begunstigde aanwys of u mag die R2000.00 nalaat aan die fonds. Dit is u keuse.

Ons Borge

Word deel van ons familie

“Die Skoonheid van Ouderdom”
In elke lyn, ‘n lewensverhaal, ‘n skat van wysheid, sterkte, en bepaal, die skoonheid van ouer word, ‘n testament van lewe, ‘n pryslike koord.

“Die Krag van ‘n Senior Dame”
Mag die krag van ‘n senior dame straal, deur elke rimpel, elke
traanverhaal. Sy dra haar jare met waardigheid, ‘n bewys van
standvastigheid.

Ons Galery

Ondersteun ons

Kontak Ons

Ondersteun ons

1151 Meyer Straat, Waverley, Pretoria, Suid Afrika

+27 12 753 5774

+27 72 576 0571

SMS “AfriVroueFonds” to 49983 dan sal ons u terug skakel

inligting@afrivrouefonds.co.za

Maandag – Vrydag: 8:00 VM – 5:00 NM

Wil u meer weet? Kontak ons gerus!