Tuis  |  Tydskrif  |  Kontak Ons

Maandelikse Teepartytjies

’n Tyd vir Troos, Trane en Teerheid.

`n Koppie Tee. ‘n Hand van Hoop

Elke maand bring Afri Vroue Fonds ’n bietjie warmte na koue huise, ’n glimlag na eensame gesigte, en ’n herinnering aan vroue dat hulle nie vergeet is nie. Ons maandelikse teepartytjies is meer as net ’n samekoms, dit is ’n heilige ontmoeting van harte.

Ouma’s, bejaarde weduwees en enkelvroue wat SASSA verdien, vroue wat eens met krag gesorg het, maar nou sukkel om hul daaglikse brood te bekostig. Hulle kom een maal per maand bymekaar regoor Suid Afrika, nie net vir tee en koek nie, maar vir iets baie dieper: erkenning, gemeenskap en nuwe moed.

Wat Gebeur by ‘n Teepartytjie?

Ons teepartytjies is ‘n fees van gevoel en geloof, elke keer uniek, maar altyd gevul met:

’n Heerlike ete

warm, voedsame kos vir liggaam en siel.

Geskenkbewys en Bederfpakkies

R250 Geskenkbewys en ietsie spesiaals.

Bemoedigende toesprake en musiek

Geestelike versterking en hoopvolle stories en lekker saam sing en dans.

’n Oomblik van trots

Waar elke vrou weer gesien en waardeer voel.

“Ek het nie gedink iemand gee meer om nie… maar toe kom julle met tee én liefde.”
Ouma Martie, 76

Wie Ons Bedien

Die meeste van die vroue wat hierdie geleenthede bywoon is bejaard, afhanklik van SASSA-toelaes, en moet kies tussen kos of medikasie. Hulle kinders het dikwels geëmigreer. Hulle ly in stilte.

Sommiges het nog ‘n dak oor hul kop — maar ná huur bly daar niks oor vir seep, tandepasta of ‘n warm bord kos nie. Hulle word deur die stelsel misgekyk, maar by ons word hulle met liefde onthou.

Waar Vind Dit Plaas?

Ons hou hierdie teepartytjies landwyd, in kerksale, gemeenskapsentrums of enige plek waar daar vroue is wat wag op ‘n bietjie hoop. Met beperkte hulpbronne en ‘n span van toegewyde vrywilligers, bereik ons honderde vroue elke maand.

Een koppie tee op ‘n slag.

Hoe Jy Kan Help

Elke teepartytjie kos gemiddeld tussen R200 en R300 per vrou om voedsel, vouchers, en bederfpakkies te voorsien.

Jou klein bydrae is dalk net ’n nommer in jou begroting, maar dit is ’n lewenslyn vir ‘n ander.

Eenmalige Skenking

Gebruik Maandelikse Teepartytjies as Verwysing om aan hierdie Saak te skenk.

Maandelikse Skenking

Gebruik Maandelikse Teepartytjies as Verwysing om aan hierdie Saak te skenk.

EFT Skenking

Bank: First National Bank
Rekeningnommer: 63013132286
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Takkode: 230145

“Een Koppie Tee, Duisend Woorde van Liefde.”

Ons maandelikse teepartytjies wys vroue dat hulle nie net bestaan nie, hulle tel, hulle glimlag beteken iets, en hulle lewens maak steeds saak.

🌺 Sluit aan in hierdie klein daad van groot liefde. Want soms is die grootste heling… ‘n eenvoudige koppie tee.

Klerksdorp | Volle Evangelie Kerk Leefstyl

9 June 2025

Op ‘n kraakvars winteroggend in Klerksdorp het die saal van Leefstyl lewendig geword, nie van die son nie, maar van die stralende vreugde, lag en suiwer viering wat gedeel is deur 54 buitengewone bejaarde vroue wat SASSA ontvangers.

Waverley | NG Gemeente

1 Desember 2024

Op ‘n helder somersoggend in Desember het die saal van NG Gemeente Waverley gevul met iets baie spesiaal, nie net die geur van `n lekker ete nie, of die sagte klanke van Kersliedere nie, maar met iets dieper: die warmte van omgee, die vreugde van gemeenskap en die hoop van Kersfees.

Kraaifontein

1 Oktober 2024

Afri Vroue Fonds Oggend Tee – Kraaifontein

Pretoria

30 Agustus 2024

Ons het die voorreg gehad om ‘n pragtige oggendtee geleentheid in Pretoria aan te bied vir ‘n paar dierbare senior dames. Dit was ‘n oggend vol geselskap, heerlike versnaperinge en ‘n feestelike atmosfeer. Die glimlagte en die warmte van elke dame het die dag so spesiaal gemaak!

Pretoria

30 Agustus 2024

Ons het die voorreg gehad om ‘n pragtige oggendtee geleentheid in Pretoria aan te bied vir ‘n paar dierbare senior dames. Dit was ‘n oggend vol geselskap, heerlike versnaperinge en ‘n feestelike atmosfeer. Die glimlagte en die warmte van elke dame het die dag so spesiaal gemaak!